Uit: Landbouweekblad, 12 Augustus 1969

Sy het haar arm by geboorte verloor. Al wat oor is, is die gedeelte van sowat twee duim onderkant die elmboog. Sy was baie selfbewus toe sy klein was.

Haar ma het pragtig gehekel en sy wou ook altyd graag leer. Haar ma het eendag ’n ander vrou sonder arm ontmoet wat tog gehekel het met ’n rekkie om haar arm.

Sy het toe ’n rek dubbeld om die stompie van die meisietjie gesit, die hekelpen daardeur gesteek en vir haar die basiese hekelsteke gewys.

Cornelia, wat boonop links is, moes maar self sien hoe sy die steke gemaak kry. Dit was vir haar ’n groot oorwinning toe sy die dag goed kon hekel.

Toe was daar geen keer aan haar nie. Sy het kort voor lank begin brei ook en selfs klavier speel.

As ’n mens haar nie sien speel nie, sal jy dink dat dit iemand met tien vingers is wat klavierspeel. Mev. Cornelia Steyn kan baie fyn vat met die kort armpie.

Huiswerk het naderhand kinderspeletjies geword. Sy het ’n dogter en seun grootgemaak.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.