Uit: Landbouweekblad, 26 Augustus 1969

Op hul pantser-beskermde hoofde waai die pluime teen die blou lug. Skielik word ’n pluim netjies deur ’n ruiter van sy teenstander se kop gekap — en die verslane ruiter tree uit die stryd!

Twee “ridders” in gevegsmondering: Mej. Annette Joubert en maj. George Iwanof- ski. Hulle hou die gesigskerms in die hand.

Duisende Suid-Afrikaners sal binnekort sien hoe ridders uit die Middeleeue met mening aanmekaarspring. Hulle is ons landgenote wat dié eeue oue sport, die geveg om die pluime, met groot geesdrif beoefen.

Hul leermeester is George Iwanofski — oud-Poolse ruitery-offisier, wat al in werklike oorlog so met ’n swaard geveg het.

’n Vertoning is reeds by die landbouskou op Nelspruit gegee, en volgende jaar sal vertonings tydens die Randse Paasskou gelewer word.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.