Uit: Landbouweekblad, 12 Augustus 1969

Die masjien kan botter in ’n aaneenlopende proses vervaardig — van die roomstadium totdat dit verpak is. Die masjien het sowat R100 000 gekos en kan 2 ton botter per uur lewer.

Voorheen het die fabriek drie groot karrings vir bottermaak gebruik. Saam kon hulle slegs 3 ton botter elke drie uur lewer.

’n Belangrike oorweging by die oorskakeling na die nuwe masjien was om botter van ’n eenvormige gehalte te probeer verkry.

Die botter uit die karrings was nie altyd van eenderse gehalte nie — die tekstuur en verspreiding van die sout het dikwels gewissel.

’n Hoop botter wat van tweedegraadse room vervaardig is. Tweedegraadse room word nog in die ou karrings en volgens die gewone bottermaakproses verwerk.
“Onweerswolke, of wolke met die belofte van vettigheid?” vra Landbouweekblad in die eerste uitgawe van 1984. “Ons hoop dat die nuwe jaar op ’n hoë noot begin het en dat u die nuwe skof se uitdagings fluit-fluit sal kafdraf.” Dié besonderde foto is deur Corrie Hansen buite Johannesburg geneem. Sy suster, Helena, begelei die nuwe jaar in met Vivaldi se “Vier Seisoene” op ’n silwer Jupiter-konsertfluit.

Die fabriek gebruik intussen sy karrings vir die verwerking van tweedegraadse room.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.