Uit: Landbouweekblad, 12 Augustus 1969

Hy wou ’n beesras hê wat ’n groot inkomste per morg lewer, en het ál die beesrasse waarmee hy te doen gehad het, deeglik bestudeer.

Swanepoel hou van die Simmentaler se vroegrypheid — bulle is reeds bruikbaar op agt maande — en daarby is die ras, volgens hom, net so vrugbaar soos die Jersey.

Twee ander goeie eienskappe van die Simmentaler is sy mak geaardheid en langlewendheid.

Die kudde op Constable bestaan uit 250 vroulike diere, waarvan 24 ingevoer of regstreekse afstammelinge van ingevoerde diere is.

Só word die Simmentalerbeeste in Europa opgetooi wanneer die boere ná afloop van die somer uit die Alpe terugkeer. Almal is dan in ’n feestelike stemming.

Verlede jaar het Swanepoel weer ses koeie uit Wes-Duitsland en drie uit Switserland ingevoer.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.