Benewens waghond speel, sorg hy ook daarvoor dat Kotze se koeie vry is van bosluise.

Twee keer per dag met melktyd loop die hond van koei tot koei en trek ál die bosluise af wat hy kan bykom.

Maar moenie glo dat hy daarvan hou nie, want hy spoeg die bosluise dadelik uit. 

Uit: Landbouweekblad, 8 Julie 1969