Op 7 Januarie 1977 verskyn die eerste A4-grootte uitgawe. Voorheen was dit ’n groter en dunner A3-formaat. Van 1971 af is ’n deel van die tydskrif op geel bladsye gedruk sodat dit later by die drukkers kon wees en die nuus varser aan lesers kon bring.