Alhoewel hulle sommige mense mag dink hulle is lelik, is dit juis hul voorkoms asook hul innemende geaardheid wat van dié honde goeie waghonde maak. Boonop is hulle stil honde wat 'n lawaaiery haat en groot werpsels lewer.

In dieselfde uitgawe word daar ook geskryf oor hoe hoendermis gebruik kan word om te sorg vir 'n draagkrag van meer as tien skape per morg op kikoejoegras onder droëlandtoestande.

Daar is ook geskryf oor nuwe soorte gom wat groot beloftes vir die toekoms in die nywerheid ingehou het, maar die klinkhamer en sweisvlam iets van die verlede kon maak.