Dié foto van die kleinspan wat op Landbouweekblad se voorblad van 28 September 1971 verskyn het, is geneem kort voor oestyd in Kaapland se graanstreke waar bale strooi die ideale klouterplek was.
Daar kon in dieselfde uitgawe meer gelees word oor 'n oud-landdros en 'n gewese verversingsinspekteur wat hul eie kalkoenkuikenboerdery begin het. Hulle was daardie jare van die min boere wat dagoud kalkoenkuikens verkoop het.
Nog 'n interessante artikel wat in hierdie uitgawe verskyn het, het gehandel oor die bemarking van geel margarien wat verskeie boere warm onder die kraag gelaat het. Daar was egter streng beheermaatreëls daaraan verbonde, soos dat margarien nie onder dieselfde dekmantel as botter bemark kon word nie en as margarien op die houer geïdentifiseer moes word.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier