Die dag word vanjaar die tweede keer gevier en gee erkenning aan die Haber-Bosh-proses as een van die belangrikste menslike uitvindings wat sal voortgaan om die wêreld in die toekoms te voed.
Sedert dié patent vir die proses om ammoniak te vervaardig in 1908 die lig gesien het, het baie dinge verander. Die feit bly egter staan dat kunsmis meer as die helfte van die wêreldbevolking voed.
Ons weet dat die wêreld se huidige bevolking van 7.5 miljard na verwagting teen 2050 tot 9.7 miljard sal styg - ’n styging van 2.5 miljard in slegs 30 jaar (UN.org, 2015).
Teen 2025 sal genoeg voedsel op een hektaar grond geproduseer moet word om vyf mense te voed. Die wêreld se honger bevolking groei vinnig en bewerkbare grond word al hoe minder. Om met die groeiende vraag na voedsel tred te hou, is die gebruik van kunsmis in die landbou onontbeerlik.
Die doel van Wêreld Kunsmisdag is bewusmaking en die deel van kennis oor een van die landbou se belangrikste bestanddele, maar ook om te belang van landbounavorsing te beklemtoon.
Innoverende produkte, beter praktyke en presisieboerdery met die einddoel van wêreldwye volhoubaarheid in voedselproduksie, is die kern van hierdie veldtog.
Die Verenigde Nasies se voedsel- en landbouorganisasie moedig ’n reuse-aksie aan om die kwessie van bevolkingsaanwas weens armoede, konflik en klimaatsverandering aan te pak om #ZeroHunger teen 2030 te bereik.
Wêreld-voedseldag, wat jaarliks op 16 Oktober gevier word, moedig die hele voedselproduksieketting aan om te dink oor hul eie pogings om die doelwit van #ZeroHunger te bereik.
Hierdie proses begin met kunsmis.
- Bron: International Fertilizer Association (IFA)
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier