Hy voorsien ook vleis aan AfriBeef, ’n handelsmerk wat geskep is om veral die vleissagtheid van hierdie ras te bemark. Pieter is passievol oor die oordrag van kennis aan die jonger geslag en sy Pronk-Afrikanerstoetery is as die Landbounavorsingsraad se Vleisbeesverbeteringskudde van die Jaar vir 2019 bekroon.