Voordat Robert sy eerste avokadoboom in 2005 geplant het, het hy goeie navorsing gedoen om seker te maak hy kan die meeste voorspelbare produksierisiko’s uit die staanspoor takel. Hy het Chili onder meer ’n paar keer besoek om kennis in te win. Deur pH-vlakke heeltyd te monitor, omskep hy suur sandgrond in die Sandveld in produktiewe landbougrond.