Hulle maak ook hul eie kuilvoer en plant koring, gars en kanola. Die Blanckenbergs het 'n gediversifiseerde boerdery met sterk integrasie en wedersydse afhanklikheid tussen die vertakkings. In 2014 was hulle die Kaapse finaliste in Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-kompetisie.