Op dié plaasvan 350 ha word ’n verskeidenheid mangokultivarsgeproduseer.

Daar is ook ’n pakhuis, ’n aanleg omvrugte te droog, ’n winkel waar die publiek verskeiemangoprodukte kan koop en geriewe om atjar te produseer.

Jaco behaal groot sukses danksy snoei-tegnieke wat hy by kenners geleer en oor die jareverfyn het, hoëdigtheidsaanplantings, navorsing, proewe, waardevolle vennootskappe en spuitprogrammewat verskil van die norm in die bedryf.