Linde is die derde geslag van sy familie wat in die distrik Fouriesburg in die Oos-Vrystaat boer. Albei sy seuns, Chris en Koos, is aandeelhouers in die Brandwater-boerdery. Sy skoonseun mnr. Francois Hamman, wat met sy dogter Adele getroud is, boer ook saam met hulle. Die boerdery was in 2013 die Droëboonboer van die Jaar.