Die familie boer ook met sitrus, katoen, droëbone, makadamias, brandrissies, wild en beeste, en vervaardig werktuie. Charl is onder andere ’n voormalige Boer van die Jaar. In 2017 het hy ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van KwaZulu-Natal ontvang vir sy bydrae tot die landbou en opheffingswerk in die gemeenskap.