PROMOSIE

Val-boeredag is op 4 Julie 2018 in Val, Mpumalanga, gehou. Soos gewoonlik was demonstrasies ’n treffer en boere het die geleentheid gekry om die nuutste landboutegnologie in aksie te sien.

Hulle kon ook met tegniese personeel van die verskillende vervaardigers oor die toerusting en werktuie gesels. Terwyl die boere die praktiese sy van landbou kon beskou en met mede-landbouvennote geskakel het, kon die res van die gesin ook die dag geniet, want die program het iets vir almal gebied.

Ná die verwelkoming deur die seremoniemeester, Ivor Price, aanbieder van Landbouweekliks, en mnr. Tinus Prinsloo, uitvoerende hoof van AFGRI, het die vroueprogram saam met Elizma Theron in die AFGRI-tent begin. Daarna het die Ventertjies met hul elektriese kitare en Kosie Beukes met sy konsertina die voete laat jeuk.

In die vrouetent kon besoekers ’n lekker koppie koffie of tee saam met ontbyt, toebroodjies of koek geniet, asook stalletjies besoek waar verskeie produkte te koop was. Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys van Oppie- Stoep-faam het die gehoor vermaak met hul staaltjies en stories op die AFGRI-stoep, waarna die dag afgesluit is met ’n boeresokkie saam met die musiekgroep Appel.

“Dit is vir AFGRI belangrik om boere en kliënte oor geslagte heen by te staan, saam met hulle te groei en voor te bly, en vernuwende tegnologie te bied om voedselsekerheid te help bevorder,” sê me. Wilna du Plessis, AFGRI se bemarkings- en geleentheidsbestuurder. “Dit is heerlik om saam met die boeregemeenskap en landbouvriende te kuier.

As landbouvennoot is dit ook AFGRI se voorreg om al 95 jaar lank sy boere en kliënte te ondersteun en na hul behoeftes om te sien. Dit is lekker om te sien hoe Val-boeredag elke jaar groei en dit bied vir AFGRI en die Waterval-boerevereniging die geleentheid om ook terug te gee aan die gemeenskap.”

Sien is glo

Tydens die demonstrasies het verskeie toerusting en werktuie van John Deere hul staal getoon. Die S700-stroper is gelaai met nuwe tegnologie, waaronder die JD Link om kerndata van die stroper af te ontvang en doeltreffendheid, stroopdata en masjiengesondheid te monitor.

Tegnologie genaamd Activeyield, wat op drie weegselsensors werk om tyd en moeite te bespaar om outomatiese kalibrasiewaardes te verskaf, is ook beskikbaar. Daarmee kan ’n mens beter data invorder oor stroopgewigte en opbrengskaarte. Die gekombineerde adviseurspakket is ook beskikbaar.

Danksy hierdie tegnologie kan die wins van die strooptyd beter geoutomatiseer en geoptimaliseer word. Die nuwe John Deere S700-stroper gebruik Visiontrak. Dit sluit ’n stel kameras in wat stroperverliese monitor en voorstelle maak oor hoe om die stroper te verstel om verliese te verminder, en om die skoonste graan in die opgaartenk te verseker.

Die data word gebruik om geïntegreerde gekombineerde aanpassings te verskaf met Harvestsmart (outomatiese grondspoedbeheer) om ’n egalige materiaalvloei deur die stroper te verseker, ongeag die opbrengs. Aktiewe terreinaanpassing word ook gemonitor om sodoende beheer toe te pas oor hoe die stroper verstel na gelang van die skuinste van die land.

Die nuwe 700-reeks Flex Draper- fyngraantafels sal volgende jaar in Suid-Afrika beskikbaar wees. Hou jou oë oop vir hierdie vernuwende reeks ten opsigte van die tegnologie wat dit bied en die klem op winsgewendheid vir boere.

Opbrengs

Die 1795-planters is ontwerp met veelsydigheid in gedagte. Hierdie planter is as standaard beskikbaar in ’n 12-ry-, 0,76 m-spasiëring en is ideaal vir mielies. Met die druk van ’n knoppie sak 11 bykomende ry-eenhede om ’n 23 ry-planter met ’n 0,38 m-rywydte daar te stel.

Danksy hierdie konfigurasie is uitstekende resultate gesien by boere, veral by die nuwe geslag sojakultivars, asook met die doeltreffendheid van bespuitingsprogramme wat gebruik word om Sclerotinia sclerotiorum te bekamp.

Met hierdie konfigurasie het die opbrengs in onafhanklike proewe meer as verdubbel. Die spasie tussen die plante het groter geraak, wat beter vegetatiewe groei bevoordeel, wortelontwikkeling verbeter en lei tot ’n verbeterde vermoë om kunsmis op te neem. Die plante vorm vinniger ’n blaredak en beperk die tussengroei van onkruid.

Dit beperk ook die son se regstreekse kontak op die grond, wat gewoonlik ’n droë deklaag beteken, en lei dus tot ’n algehele verbetering in groei van die plant. Dit word alles behaal sonder om teen ’n hoër plantestand te plant.

Navrae: E-pos: afgri@afgri.co.za; webwerf: www.afgri.co.za; tel. 011 063 2347.