Hy glo daarin om proaktief te wees, nie belangrike onderhoud op die plaas uit te stel nie, en om op hoogte te bly van landbou-ontwikkelings. Josias verryk sy kennis deur boere- en inligtingsdae by te woon, en maak tyd om navorsing op die internet te doen. Hy glo ingeligte besluite is noodsaaklik om vorentoe te boer.