Stephan het ’n groot liefde vir Merino’s en spog met verskeie eerbewyse. Hy het al ’n kampioen-Merinoram én -ooi geteel, en bied elke jaar ’n suksesvolle produksieverkoping aan met van die hoogste verkoopsgemiddeldes in die Merinobedryf.