Mnr. André van der Merwe van Reitz in die Oos-Vrystaat, sy vrou, Riana, en hul seun, Manfred, boer op die plaas Amanda. As stoettelers teel hulle uitsluitlik rooi en swart Brangus-stoetbulle vir hulself en om aan ander beesboere te verkoop.