PROMOSIE

Boere moet nou reeds beplan en vroegtydig met hul makelaars reëlings tref voordat die somerstorms verwoesting saai. Net meer as ’n jaar nadat Gauteng en Mpumalanga deur haelstorms getref is, het nog ’n fratsstorm ’n chaos veroorsaak in Noordwes en Mpumalanga. Haelkorrels so groot soos tennisballe het motors, eiendom, gewasse en alles anders wat in die pad was, beskadig.

UNIGRO-versekeringsmakelaars sê versekeraars en verbruikers het tot nou toe skaars van die vorige jaar se skade herstel. ’n Beraamde 25 000 eise is met elke storm verwerk en die koste het meer as R1 miljard beloop. Die omvang van die skade wat deur die haelstorm aangerig is, veral aan gewasse, was beduidend en UNIGRO het alles in sy vermoë gedoen om eise so gou moontlik te verwerk.

Weerpatrone

Die versekeringsbedryf word toegegooi met bate-en-gewaseise. Dit skep ’n negatiewe situa­sie wanneer baie kliënte kort ná mekaar ernstige skade ly. Hael­skade begin al hoe meer voorkom en kliënte moet seker maak hul versekeringspolisse bied dekking teen dié spesifieke skade. Versekeraars se verliesverhoudings is hard getref en die versekeringsmark het premieverhogings van meer as 15% ervaar. Dit was nie in die begin van die jaar goeie nuus vir kliënte en versekeraars nie.

Suid-Afrikaners gaan al hoe meer gebuk onder die gevolge van uiterste weerstoestande. Baie verbruikers glo egter hulle is meer bestand teen dié weers­toestande, soos haelstorms, oorstromings en sterk winde. Hulle is gevolglik geneig om hul dekking te verminder omdat hulle die wanopvatting het dat uiterste weersomstandighede waarskynlik nie in Suid-Afrika gaan voorkom nie.

Die weerpatrone het egter oor die afgelope drie jaar ’n ander prentjie geskets. UNIGRO meen klimaatsverandering sal voortduur en al hoe meer struikelblokke bied. Dit is belangrik dat verbruikers met hul makelaars gesels om te verseker hulle het voldoende dekking en dat hul finansiële posisie nie in die gedrang is nie.

Bestuur koste

’n Boer moet nooit aanvaar sy versekeringspolis maak voorsiening vir alle gevare nie, waaronder haelskade. Die polis funksioneer dalk op ’n “benoemde gevaar”-grondslag en tensy hael gespesifiseer is, sal daar nie dekking daarvoor wees nie. ’n Professionele makelaar is gevolglik van onskatbare waarde om boere se behoeftes behoorlik te ontleed.

Dit kan boere se risiko’s verlaag en premiekoste bestuur. ’n Kundige kan die boer help om vir elke situasie of gebeurtenis te beplan en seker maak die dekking is in orde, sonder dat die boer dalk oor- of onderverseker is.

Goeie raad

UNIGRO-versekeringmakelaars kan jou bystaan met die beste raad vir jou spesifieke behoeftes. Hier is advies aan polishouers:Assesseer die skade so spoedig moontlik en maak ’n volledige lys van beskadigde items. Neem duidelike foto’s van die skade indien moontlik – dit sal die versekeringsassessors baie help wanneer hulle die skade vir hersteldoeleindes inspekteer.

Stel ’n versekeringsadviseur so gou as moontlik in kennis van die eis. Die boer moet die versekeraar binne ’n spesifieke periode inlig van die voorval wat moontlik ’n eis tot gevolg kan hê. Die tydgleuf is gewoonlik sowat 30 dae. Dit is wys om die polis se bewoording na te gaan, want versekeraars kan van mekaar verskil.

Onthou dat sommige versekeraars saam met maatskappye werk wat vooraf goegekeur is. Die boer moet by sy adviseur seker maak voordat hy met noodgedwonge herstelwerk begin. Gegrond op vorige ervaring en die verwagte hoë eisvolumes kan ’n boer vertragings in herstel verwag weens die druk op die beskikbare vermoë van diensverskaffers en ’n tekort aan materiaal, soos gebou-glas en windskerms, wanneer ’n groot haelstorm ter sprake was.’n Boer moet sy portefeulje minstens jaarliks laat ontleed.

UNIGRO-versekeringsmakelaars speel hier ’n waardevolle rol om boere by te staan om ’n voorraadopname en ’n ontleding van behoeftes te doen. Onderversekering is moontlik die grootste rede vir die gedeeltelike uitbetalings van eise, indien nie totale verwerping nie. Verseker vir die vervangingswaarde van ’n item. Die versekeringsbedryf se statistieke dui daarop dat 40% van alle polishouers onderverseker is.

Navrae: