Dié week moet hy sy moed bymekaar skraap en 'n koei KI (kunsmatige insemineer) – met skreeusnaakse gevolge!

In dié episode besoek Ivor ook die MD Foundation, 'n boerdery by Ficksburg in die Vrystaat. Die MD Foundation bestaan uit agt gesinne wat ná terugslae soos 'n plaasmoord, verwoestende haelbui en selfs sekwestrasie besluit het om saamboer ’n kans te gee. 

Kykers sal onder meer van mnre. Hannes Pretorius en Jacques Moll van die MD Foundation hoor hoe die MD Foundation die wins van hul bekroonde melkboerdery, sowel as graan, vleisbeeste, vleis- en wolskape gebruik word om projekte soos 'n laerskool, kleuterskool, nasorgsentrum, hospies en kliniek te befonds.