Vir die duur van die reeks borg Hinterland elke week ’n geskenk.

Vandeesweek kan jy Bambisana Epic-produkte ter waarde van R5 000 wen.

SMS jou naam, van en stad/dorp na 36264 om in aanmerking te kom. Vandeesweek se kompetisie is oop van 18 tot 23 September.

Elke SMS kos R1,50.

Kompetisiereëls, -bepalings en -voorwaardes:

Die kompetisie is oop van 9 Januarie. 'n Weeklikse wenner sal vir 13 weke aangekondig word. Elke SMS kos R1,50. Gratis SMS’e kan nie gebruik word om in te skryf nie. Jy moet die eienaar wees van die selfoon of die eienaar se toestemming hê om dit te gebruik. Jy mag soveel keer inskryf as wat jy wil. Personeel van Media24 en die borg Hinterland, sowel as hul gesinne, mag nie inskryf nie. Wenners sal gekies word deur ’n lukrake trekking. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. Ons sal ’n wenner drie keer tydens kantoorure bel.

As hy of sy nie bereik kan word met een van dié drie oproepe nie, sal ’n nuwe wenner getrek word. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade wat spruit uit deelname aan die kompetisie nie. Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie verruil word vir kontant of ’n ander prys nie. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd (4–6 weke). Dit is die wenner se verantwoordelikheid om ’n afleweringsadres te verskaf waar die prys bedags afgelewer kan word en/of ’n korrekte posadres.

Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore pryse weens ’n  wenner wat nie beskikbaar is tydens aflewering nie en/of die prys nie betyds by die poskantoor afhaal nie. Die kleur van ’n prys kan nie gewaarborg word nie en is onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad. Met jou inskrywing aanvaar ons dat jy Media24 en die borge toestemming gee om jou soms te nader met promosies en ander bemarking.