Rossouw het die boerdery binne twee dekades opgebou van ’n gewone vrugte-en-skaapplaas tot een van Suid-Afrika se grotes. Landbouskrywers SA het hom in 2013 as nasionale Boer van die Jaar aangewys. Naas groente, vrugte en vee is daar ook ’n bemagtigingsplaas waarby meer as 135 werkers betrokke is.