Barry York is dié pionier in die teel van goue wildebeeste en bedryf nie net 'n suksesvolle wildboerdery op die Sandstone Valley-plaas naby Alma in Limpopo nie, maar het ook ’n safari-onderneming wat plaaslike en internasionale jagters lok.

Die York-gesin het hoë agting vir die mense en diere waarmee hulle werk.

Die Yorks laat hulle nie onderkry nie.

Barry en sy vier seuns (Richard, Graeme, Christopher en Stephen) moes al meer as een keer oor begin met hul lewe as boere, maar vandag word hulle gereken onder die land se topwildtelers.