Dít volg na regulasies verlede jaar deur dié land se regering ingestel is wat Lesotho se boere verbied om wol en bokhaar buite die land te verkoop. Luidens berigte in Landbouweekblad is die stap al in die hof gedaag en het die hof die staat opdrag gegee om die regulasies tersyde te stel, maar die regering gee nie gehoor aan die hof se opdrag nie.

Mnr. Khotsang Moshoeshoe, voorsitter van Lesotho se nasionale wol- en bokhaarkwekersvereniging (LNWBKV), sê hulle word almal gedwing om hulle wol en bokhaar aan een Chinese handelaar te lewer en dat slegs sowat 35% van dié boere al betaling vir hul wol of bokhaar ontvang het.

Tydens ’n onderhoud met Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, vertel Moshoeshoe, hoe dié besluit nie net dié buurland se landboubedryf raak nie maar ook die sowat 150 000 huisgesinne wat afhanklik is van die bedryf.

© MessengerPeople

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.