Peter is ’n bekende in varkboerderykringe — hy is ’n voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie en die Varktelersgenootskap van Suid-Afrika. Die Mockfords slag, verwerk, verpak en verkoop self hul varke en die boerdery het ook sy eie winkel.