Sakkie bestuur die veevertakking van die familieboerdery op Rietfontein naby Wolmaransstad in Noordwes volgens presisiebeginsels. In die eerste vier jaar dat Sakkie geboer het, het hy die veevertakking se wins en omset verdubbel en die kalfpersentasie verhoog. Hy is die vyfde geslag Van Zyl op die plaas en het die grade BScAgric (Veekunde) en MScAgric (Landbou-ekonomie), albei met lof, aan die Universiteit van Pretoria behaal.