Dit was ’n groot skuif van sy besproeiingsplaas op die Springbokvlakte in Limpopo na droëlandproduksie in die Oos-Vrystaat. Henk sê sy boerdery berus op bemarking, kontantvloei en die regte gereedskap. Hy glo boere is ’n onmisbare deel van die waardeketting en dat Suid-Afrika van die beste boere ter wêreld het wat deurlopend planne maak.