Pretorius Blomme het vandag sowat 3 ha onder 18 kweekhuise. Hulle plant weekliks 90 000 steggies van 20 verskillende krisantkultivars. Blomme word daagliks reg deur die jaar gesny en hulle kweek ook hul eie steggies.