Vandag voer hierdie boerdery sitrus en tafeldruiwe uit na 33 lande, hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond, en is ook betrokke by wildteeltprojekte met eksotiese en inheemse wild. Hulle bedryf ook ’n uitgebreide bemagtigingsinisiatief in die Loskopvallei, waar hul wortels diep lê.