Die koning van Lesotho het al Heuningkrans-teelmateriaal vir sy kudde aankoop. In ’n opspraakwekkende transaksie het Eddie ook van sy grond aan sewe manlike en twee vroulike plaaswerkers oorgedra. Dié werkers is die eerste begunstigdes in die Vrystaat wat volle eiendomsreg ingevolge die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (Wet 62 van 1997, ook bekend as Esta) ontvang.

Dié geskiedkundige grondhervormingsinisiatief van Prinsloo beteken die nege begunstigdes kry die meerderheidsaandeel in Heuningkrans se buurplaas Donkerhoek.

Lees meer oor dié inisiatief hier.