Al is die Van Zyls van Prairie, Ladybrand, bekend in veekringe, gee hulle die toon aan in hul omgewing met vogbewaringspraktyke en die regstelling van grondsamestellings. Theo jr. boer onder meer met Sussex- en Boranbeeste en sy broer Cobus met mielies, sonneblomme en sojabone. Theo sr. is ook by die veevertakking betrokke.