Verlede jaar was hy die wenner in die afdeling vir droëlandmielies in die Weeg-en-Wen-kompetisie met ’n opbrengs van 15,224 ton per hektaar.

Mielies is die boerdery se hoofvertakking en word saam met sojabone in ’n wisselboustelsel verbou.

Bossi glo potensiaal moet ontgin word, nie net in grond nie, maar ook in mense. Geesdriftige werkers sal produktief wees.