Wanneer die blouligfunksie geaktiveer is, lok die toestel muskiete, motte en ander naginsekte en skok hulle dood. Die swart filter om die skoktoestel voorkom dat die eenheid reuse-motte en -insekte vang.
Die blou liggie is ’n ideale naglampie in ’n kind se kamer danksy die sagte blou lig, en die kind kan rustig slaap sonder om deur muskiete gepla te word.
Die toestel kan ook met die oorskakeling na die geelligfunksie as ’n liggie gebruik word. Danksy die handvatsel is dit nuttig tydens kragonderbrekings of by ’n kampeerterrein. Die toestel is ideaal vir gebruik by ’n buitebraai.
Die toestel is herlaaibaar en kan vir 12 uur werk sonder eksterne kragvoorsiening.
Dit is maklik om die toestel skoon te maak en dit is veilig om rondom kinders te gebruik.
PRYS: Skoert Muskiet, R399; Skoert Vlieg, R299. (Albei is herlaaibaar.)
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier