Dit is Landbouweekblad se eeufeesjaar en dis mos die beste rede om partytjie te hou.

Ons maak ’n draai in die argief vir ’n kykie na die Vroue-afdeling in die eerste paar jaar van die tydskrif se bestaan. Dan steek ons die eeufeesvure aan en gee lekker planne vir jou volgende braai.

’n Spesiale afdeling in Boerekos gee aandag aan die dae wat ons vier en wanneer ons graag saam om ’n tafel sit: Kersfees, Oujaarsdag, Moedersdag, Vadersdag, tot ’n kinderpartytjie, ’n plaasbruilof en nog meer.

Daar is ’n reuse-afdeling met maklike aandetes – 100 om presies te wees – alles gunstelinge wat deur ons lesers gekies is.

En ons eindig met ’n afdeling van 10 koeke – een vir elke dekade van Landbouweekblad se bestaan.

Moenie hierdie propvol feesuitgawe misloop nie!

Landbou Boerekos Somer 2019-’20 sal van 20 Oktober af teen R65 by ’n supermark naby jou beskikbaar te wees.