Vanjaar se tema was ysterwiele. Altesame 25 trekkers is ingeskryf. Vyf trekkers het veral uitgestaan (van links op die foto). Die oudste ysterwiele in die Wes-Kaap behoort aan mnr. Johnny Verreynne van Montagu.

Dit is ’n 1923 Ford- son. Die 1929 McCormick-ysterwiel behoort aan mnr. Jan Burger van Citrusdal. Hy het dit uit ’n sandbank uit ’n rivier gehaal en gerestoureer. Dit is ’n baie getroue weergawe. Die 1929-1934 McCormick-ysterwiel behoort aan mnr. Johan Smit van Clanwilliam en is nog nie gerestoureer nie.

Die 1934 Lanz-kruiper is die enigste een in Suid-Afrika wat in so ’n puik toestand is. Die 1949 Ferguson is met ysterwiele aangepas en behoort aan mnr. Freddie Truter van Malmesbury.