Benodigdhede

Kartonhouers met deksels (verskeie groottes)

Akriel- of spuitverf (rooi, blou, geel)

Kleurlose vernis vir akrielverf

Gomgeweer en -stokkies

Melkbotteldoppies en plastiekbakkies (dié waarin jy souse saam met wegneemetes kry, werk lekker)

Verfkwas

Plastiekkoevert met ritssluiter

1. Plak vas
2. Verf mooi
3 Liasseer

Metode

1. Plak vas. Kies die regte doppies of bakkies om by die grootte van jou kartonhouer se deksel te pas. As jy deurskynende bakkies gebruik, verf hulle eers aan die binnekant. Plak die doppies en bakkies bo-op die deksel vas sodat dit soos ’n Lego-blokkie lyk.

2. Verf mooi. Verf die kartonhouers, deksels en doppies aan die binne- en buitekant. Seël met kleurlose vernis (as jy nie spuitverf gebruik het nie). Laat die verskillende lae verf en vernis elke keer eers goed droog word.

3 Liasseer. Plak die agterkant van die plastiekkoevert aan die binnekant van die deksel vas. Bêre die bou-instruksies in die koevert. Sorteer die blokkies volgens grootte en bêre hulle onderskeidelik in die kleiner en groter houers.

Wenner-wenk
Die blokkiebêrehouers is ook mooi dekor vir ’n speelkamermuur.