Ek dink soms die aankoop van die oorspronklike inhoud geskied op grond van hoe goed die fles waarin dit verpak is, vir inmaakdoeleindes hergebruik kan word!
Om van die somer se oorvloed te bottel vir later en die winter s’n in te lê vir die volgende maande is ’n jaarlikse ritueel in die Boerekos-toetskombuis. ’n Maand of wat gelede het ons ’n paar kooksels aarbei-en-vanieljekonfyt en bloubessiekonfyt gebottel.
Twee weke gelede het ons vragte groenvye verwerk tot glinsterende boeppens-groenvyekonserf, en oor minder as ’n maand is dit tyd om appelkooskonfyt en -blatjang te kook. Namate die seisoen aanstap, sal piekels gemaak word van tuingroente, van die rypste tamaties ’n paar flesse tamatiekonfyt en -sous.
Iewers in Februarie is dit tyd vir perskeblatjang en nog later, wanneer die appel- en peerseisoen die herfstyd aankondig, ook goue appeljellie, peer-en-gemmerkonfyt en geurige skepblatjang.
Trek die kastrolle nader en kook saam met ons konfyt en blatjang, sodat jy die somer se lekkerte ’n bietjie langer kan uitrek. Geniet die keur van resepte vir ingelegde lekkernye uit ons toetskombuis!
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier