Sandveldstories deur Ferdinand Deist

Uitgewer: Tafelberg. Prys: R220

’n Lekker versameling van dertig van dié bobaas-storieverteller se beste kontreistories oor ’n eiesoortige wêreld en sy mense – in die streektaal waarvoor die Sandvelders so lief is.

Jagter deur Bettina Wyngaard

Uitgewer: Umuzi. Prys: R250

Daar is hope spanningsvolle, naelbytaksie in dié misdaadfiksie-roman wanneer kapt. Nicci de Wee en haar span ’n internasionale insident tot elke prys – en met die hulp van enigiets van outomatiese gewere tot hoëhakskoene – moet afweer.

Die dag toe die draak kom deur Fanie Viljoen

Uitgewer: Human & Rousseau. Prys: R110

’n Aangrypende verhaal om kinders in te lig en te bemagtig oor die moeilike onderwerp van kindermolestering. Daar is ’n uitgawe vir meisies en een vir seuns, en albei boeke bevat riglyne vir kinders, ouers en versorgers.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.