Die Cross-Over-sleepwaens is ontwerp as dubbeldoelsleepwaens en is ewe tuis op grondpaaie as op snelweë. Die sleepwaens se laaibak en versterkte vloer word vervaardig uit elektro-gegalvaniseerde staalplate van 1,2 mm dik.

Al die sleepwaens is toegerus met ’n vasskroef-tipe neus, wat ook opsioneel met ’n vierkantige tipe neus toegerus kan word om ’n yskas te akkommodeer, ’n agterklap met ’n werksoppervlak, twee sluitbare houers vir jerriekanne, twee verwyderbare bokse aan die agterkant, twee 12 V-kragsokke, twee intrekbare stabiliseerders, ’n dakrak met plek vir ’n opvoubare tafel en ’n 48 duim x 200 mm-spanwiel.

Die reeks Cross-Over-sleepwaens word standaard vervaardig in ’n kakie-kleur met swart wielvellings.

Prys: R26 000-R28 000.

Navrae:

Me. Anelda Hoffman by Challenger Trailers, e-pos: sales@challengertrailers.co.za,  tel. 014 743 1151.