Benodigdhede

  • Plantmandjie van plastiek (gebruik een waarin jou ma reeds geplant het; dit het reeds ’n hanger en is die ideale grootte vir ’n lamp).
  • Gomgeweer, gomstokkies en skêr.
  • Vilt in verskeie skakerings van groen.
  • Elektriese benodigdhede: Gloeilamp, elektriese koord, driepuntkragprop, gloeilamphouer, skroewedraaier.

Maak skoon

Was die plastiekmandjie goed met seep en water om van alle grond ontslae te raak. Trek ook enige plakkers en etikette aan die buitekant af.

Onderstebo, agterstevoor
Netjiese bokant
Trek die skêr nader
Maak mooi

Onderstebo, agterstevoor

Haal die mandjie se hanger af. Draai die houer om sodat die opening na onder kyk. Druk gate deur die rand sodat die hangerknypers daardeur kan haak. Knip ’n sirkel effens groter as die houer se bokant uit groen vilt. Vou dit in die helfte en knip van die rand tot by die middelpunt.

Heg dit met ’n gomgeweer, maar hou ’n klein gaatjie vir die bedrading. Knip ’n patroon van ’n blaarmotief uit papier. Knip die vilt in lang stroke, breed genoeg sodat die patroon daaruit geknip kan word. Knip ook kleiner blare uit. Plak die blare met ’n gomgeweer oral op die houer sodat die kleure afgewissel word en die blare oormekaar lê.

Herhaal reg rondom die mandjie en maak seker die blare bedek ook die hangerbene.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.