Die reeks bestaan uit babadoeke, -linne en -bykomstighede, en word volgens behoeftes en babakamers se kleurskemas gemaak. Die lapdoeke is nie net bekostigbaar nie, maar sien ook om na moeder aarde en is goed vir baba se boude.

Weggooidoeke is gerieflik, maar het jare en selfs dekades nodig om af te breek. Dit besoedel die grond en waterbronne omdat dit nadelige chemikalieë bevat. Die lapdoek bestaan uit drie dele met ’n vierde opsionele deel.

Die eerste laag word gemaak van natuurlike waterabsorberende materiaal. Die tweede laag is ’n drielaag-ekstra-absorberende insetsel om vog weg van die lyf te hou. Die doek word met ’n doekspeld of Snappy vasgemaak.

Die derde laag is ’n waterbestande broekie. Die vierde, opsionele deel is ’n bykomende bamboesvoering wat op die drielaagdeel geplaas word. Dit hou die baba ekstradroog, en indien daar ’n vuil doek is, kan die voering eenvoudig weggegooi word.

Die lapdoeke is beskikbaar in pasgebore- en standaardgrootte.

Prys: Vanaf R30.

NAVRAE: E-pos: oumahart2020@gmail.com; Instagram of Facebook: Ouma Hart