Ontvang hiermee my hartlike dank vir jul prag-feesuitgawe.

Ek is ’n 74-jarige dame wat op ’n plaas in die Vrystaat grootgeword het en lees gereeld Landbouweekblad.

Landbouweekblad 100 oortref alle feesuitgawes van Afrikaanse tydskrifte wat al verskyn het. Ek lees letterlik elke advertensie en geniet elke plasing en artikel.

Mag jul steeds van krag tot krag gaan in die moeilike tye wat boere op alle gebiede beleef.