BENODIGDHEDE

’n Langwerpige kartonbuis/blik met deksels aan albei kante

2 groot stukke hardebord (400 mm x 600 mm)

Deksel van ’n 5 liter-verfblik

Goiingtou, afvalmateriaal, plastiekkristalle

Indraaiskroef (3 mm), vlinderbout, 2 wassers en ’n klein skroef en bout (2 mm)

Gomgeweer, gomstokkies en skêr

Boor met 3 mm-houtboorpunt

Skroewedraaier

’n Sterk fondasie

’n Sterk fondasie

Neem een stuk hardebord, merk die middelpunt en boor ’n gaatjie regdeur met die houtboor. Doen dieselfde met die buis se deksel en bodem, en met die verfblikdeksel.

Sit nou een van die stukke hardebord (ons basislaag) op die afvalmateriaal en knip die vorm na, maar laat ’n naattoelaag van 5 cm.

Knip kepe in die naattoelaag al rondom die hout. Vou dit na agter en gom vas.

Vinnig speel

Vinnig speel

Plak die punt van die goiingtou aan die onderkant van die buis vas.

Smeer vier gomhale (2 cm lank) op die buis – een in elke kwart.

Draai die tou styf om die buis tot aan die bokant. Werk vinnig en akkuraat voordat die gom droog word.

Gebruik die klein bout en moer om die buis se deksel en verfblikdeksel aanmekaar vas te heg.

Maak hom staan

Maak hom staan

Draai die groot skroef van onder af deur die bedekte hardebord. Sit wassers aan weerskante van die hout.

Plak die tweede stuk hardebord aan die onderkant van die bedekte basislaag vas. Druk die lae styf vas totdat dit heg, of gebruik knypers om dit in plek te hou.

Opgedollie

Opgedollie

Boor twee gate deur die verfblik se deksel. Dit kan oorkant mekaar wees.

Sny twee stukkies tou, bietjie korter as die buis of blik, en ryg die tou deur die krale, met knope tussen elke kraal.

Ryg die tou nou deur die gate in die deksel en knoop dit aan die bokant van die deksel vas.

Druk die buis se onderkant deur die skroef op die hardebord en draai dit stewig vas met die vlinderbout aan die binnekant.

Sit die aanmekaargehegte deksels op die buis.

Wenner-wenk

Karton-possilinders vir plakkate of skilderye en verpakkingshouers vir drankbottels werk goed vir hierdie projek.