Benodigdhede

Weerbestande materiaal (40 cm x 45 cm)

Dennehoutplanke in die volgende mates:

• A1 en A2: twee elk van 69 cm x 2,2 cm x 4 cm

• B1-8: agt elk van 34,5 cm x 1 cm x 4,8 cm

• C: een van 29 cm x 1 cm x 2 cm

• D: twee elk van 55 cm x 2,2 cm x 4 cm

Sterk krammasjien met krammetjies

Twee velle skuurpapier (80 of 100 grein), merkpen en maatband

Boor, houtboorpunt (nommer 3), houtsaag, dun beitel en houtlym

Skroewedraaier en 25 houtskroewe ( 6 mm x 2 cm)

Skuur glad

Skuur glad

Skuur al jou plankies liggies met skuurpapier en stof dit mooi af. Gebruik die merkpen om op elke plankie en die rug- en sitkante (B1-8 en A1-A4) aan te dui waar ’n skroef ingedraai moet word (sien skets).

Sit dit aanmekaar

Sit dit aanmekaar

Plaas die dwarsplanke (B1-B7) bo-op ’n stuk oorskiet-hout en boor dwarsdeur die gidsgaatjies op elke merkie. Sit nou die plankies op hul rug- en sitkante neer, soos die plan aandui. Die sitplekplankies moet 15 mm uit mekaar wees, en A3 en A4 is 25,5 cm uit mekaar.

Hou aan timmer

Hou aan timmer

Smeer ’n bietjie houtlym tussen die plankies voor jy dit vasskroef. Gebruik dan skroewe om die plankies aan dwarsplanke A1-A4 te heg. Draai die rugkant op en skroef nou die laaste plank (B8) vas aan A1 en A2.

Beiteltjie, beiteltjie

Beiteltjie, beiteltjie

Gebruik ’n potlood om ’n vierkant op dwarsplanke A3 en A4 uit te merk. Dit moet 12,5 cm van die onderkante van die dwarsplanke wees. Gebruik die saag en beitel om die vierkante versigtig uit te kerf tot ’n diepte van 1,5 cm, of die dikte van ’n plankie. Skroef nou plankie C daarin vas en onthou die houtlym.

Span die rugkant

Span die rugkant

Vou die lap in sy lengte oor die voorkant van die stoel. B1 en B2 vorm dan die agterkant. Span die lap baie styf oor die voorkant, vou dit oor A1 en A2 en kram dit aan die rugkant vas. Gebruik stywe lap wat nie sal uitrafel nie.

Wenner-wenk

Die stoel se pote kan ook skuins gesaag word sodat dit plat staan. Die stoel vou netjies inmekaar. Draai die regte kante na mekaar en skuif dit in die onderkante van die dwarsplanke.

Wys jou projek en wen!

Ons wil graag sien hoe lyk jou visvang- of sportkyk-stoeltjie! Stuur vir ons ’n foto van jou en jou projek en jy kan ’n interessante boek ter waarde van R185 wen — geskenk deur NB Uitgewers. In Ontdek: Die Oseaan kan leergierige agies alles oor oseane leer. Golwe, die weer, sand, seebeddings, rotse, lewe op koraal, duikbote, visvang en besoedeling is maar net ’n paar van die boeiende temas wat aan die beurt kom. Stuur jou foto saam met jou naam, ouderdom en adres aan Lucille Botha (lbotha@landbou.com) teen 11 Maart om ’n kans te staan om dié oulike boek te wen.

Didi Lamprecht kom van George. Sy het vir ’n skooltaak rommel versamel om dié kunswerk (regs) te maak
Didi Lamprecht

En die wenner is…

Jy hoef nie net ’n paar bakstene hoog te wees om die wonderlike projekte op die Plaaspikkies-blad aan te pak nie. Didi Lamprecht kom van George.

Sy het vir ’n skooltaak rommel versamel om dié kunswerk (sien foto bo) te maak om mense bewus te maak van seebesoedeling. Baie geluk, Didi! Hou gerus die pos dop, jou kopie van Ster en die skugter vyf deur Henriëtte Linde-Loubser is op pad. Dit is geskenk deur NB-Uitgewers.

Ons sê ook dankie vir Christopher Oberholzer (4, links) wat ons laat weet het hoe lekker hy saam met sy oupa Johan en ouma Maggie op die plaas De Hoek by Fraserburg met verskillende weggooi-doppies en -proppies speel. Hy gebruik dit om oor alles van kleure tot groottes, getalle en sortering te leer. Hy het selfs ’n afbeelding van die Eiffeltoring uit doppies gebou. Mooi so, jou slimkop!

Ons sê ook dankie vir Christopher Oberholzer (4, sien foto bo) wat ons laat weet het hoe lekker hy saam met sy oupa Johan en ouma Maggie op die plaas De Hoek by Fraserburg met verskillende weggooi-doppies en -proppies speel. Hy gebruik dit om oor alles van kleure tot groottes, getalle en sortering te leer. Hy het selfs ’n afbeelding van die Eiffeltoring uit doppies gebou. Mooi so, jou slimkop!