1.Beplan eers

1. Beplan eers

Meet die omtrek van die silinder. Meet en knip genoeg materiaal af. Laat ’n ekstra 5 mm vir die naat.
2 Trek oor

2. Trek oor

Gebruik die gomgeweer om die materiaal om die houer vas te plak. Knip snytjies in die soom en vou die strokies na binne sodat dit plat lê voor jy dit ook vasplak
3 Bedek die bo- en onderkant
Bedek die bo- en onderkant

3. Bedek die bo- en onderkant

Gebruik die deksel om twee sirkels op die materiaal te trek met ’n potlood of ’n materiaalmerker. Knip albei uit aan die binnekant van die lyn. Plak dit op die bo- en onderkant van die silinder vas.
Plek vir knippies

4. Plek vir knippies

Plak mooi versierings, soos lint of tossels, al om die kante van die silinder. Plak ’n lint om die houer, maar smeer net elke 3 cm gom aan die lint. Dit vorm lussies waaraan jy jou knippies kan vasheg.
Netjiese haarrekkies

5. Netjiese haarrekkies

Plak een punt van ’n strook materiaal of lint met ’n gomgeweer aan die silinder vas. Die ander punt kry ’n stukkie kleefstrook wat kan heg aan ooreenstemmende kleefstrook wat jy op die silinder plak. Versier dit met knopies. Jy kan die strook losmaak om jou rekkies deur te ryg en dan weer vasheg.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.