Die LED Mosquito Trap gebruik 80% minder energie as soortgelyke produkte. Dit maak daarop aanspraak dat dit sagte lig uitstraal en sonder harde geluide die muskiete doodmaak sodat ’n mens se nagrus nie versteur word nie.

Die toestel is draagbaar, word direk by ’n muurprop ingeprop en beskik oor ’n ingeboude veiligheidskakelaar. Plaas die toestel egter buite die bereik van kinders. Twee modelle is beskikbaar, wat onderskeidelik 3 W en 6 W krag lewer. Die grootte is 500 x 75 x 280 mm en die toestel is gemaak van aluminium en plastiek.

PRYS:

R299-R498, na gelang van die kraggrootte.

NAVRAE: Koop die produk aanlyn by takealot.com, bidorbuy.co.za of IDEALDIRECT.co.za

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.