Benodigdhede
Herwonne, ronde kartonboksie
Vierkantige of sirkelvormige skilderdoek
Akrielverf en/of olieverf en verfkwas
Gom, liniaal en skerp potlood
Viltpenne in verskillende kleure
Sit dit op doek
Om diepte te skep, plaas die driedimensionele sirkel (die kartonboksie) bo-op ’n vierkantige skilderdoek.
Berei voor
Verf eers die vierkant en sirkel albei met twee lae wit olieverf. Laat die lae tussen-in goed droog word.
Ontwerp
Gebruik ’n skerp potlood en teken jou ontwerpe op die ronde boksie én die vierkant onder. Die potlood moet diep lyne in die dubbele laag verf maak (byna soos etswerk).
Kleur in
Gebruik nou viltpenne om jou ontwerp in te kleur. Jy kan die boksie met ’n gomgeweer op die skilderdoek vasplak
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier