Die Thule Easyfold XT- en die VeloSpace XT-reeks word op die sleepstang gemonteer. Dit is in verskillende groottes beskikbaar, vir een of twee fietse. Die weergawe vir twee fietse het ’n drakrag van tot 60 kg.

Mnr. Richard Downey, hoof van SA Sport & Cargo, invoerder van die Thule-produkte, sê e-fietse weeg selde meer as 25 kg elk, dus is die drakrag meer as voldoende. Die ontwerp maak voorsiening vir wye wielgroottes en verstelbare gespes.

Die fietse kan veilig vasgesluit word aan die fietsrak, terwyl die fietsrak self met ’n slot aan die sleepstang vasgesluit word. Die fietsrakke is sedert Februarie by deelnemende Suid-Afrikaanse fietswinkels beskikbaar.

PRYS:

Die Thule Easyfold XT-reeks kos vanaf R10 205 vir die kleinste rak en die VeloSpace XT vanaf R8 767. 

NAVRAE: 031 502 1044, e-pos: info@sportandcargo.co.za

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.