Nou kan aanhangers van die tydskrif ook die gewildste resepte in boekvorm koop!

“Vanjaar kan ons terugkyk op 12 uitgawes van Boerekos waarop ons trots is en waarin ons reggekry het wat ons van die begin met die tydskrif beoog het — om bewustheid te kweek oor waar ons kos vandaan kom, asook oor die reuse-rol wat boere in ons daaglikse bestaan speel,” sê Arina du Plessis, kosredakteur van Landbouweekblad

“Die woord boerekos verwys na die kos wat jy maak met dit wat jy tot jou beskikking het. Met plaasprodukte. Eenvoudige, goeie kos sonder tierlantyntjies . . . En dis waaroor ons in elke uitgawe van Boerekos skryf en waarvan ons die lekkerste resepte in hierdie boek saamgevat het. Dit is tradisionele treffers, maar ook hedendaagse boerekos.”

Die wye verskeidenheid resepte in die boek is in afdelings ingedeel volgens plaasprodukte en word met alledaagse bestanddele voorberei. Alles van Ouma se bobotie, outydse sousboontjies en wildspastei tot pampoenpoffertjies. En moenie die sagopoeding vergeet nie!

Landbou Boerekos – van die plaas na die tafel word deur Human & Rousseau uitgegee. Dit is by alle goeie boekwinkels beskikbaar en kos R320. Bestel ook 'n kopie deur 'n epos te stuur na johan.terblanche@Media24.com.